HOENDER LASAGNE MET AARTAPPELS
- Kook saam:
- 500 g hoender
- 1 groot ui, grof gekap
- bietjie fyn naeltjies
- sout en grof gemaalde swartpeper
- Voeg by:
- ¼ koppie BBQ sous
- 1 koppie sous wat in die pot is
- Ekstra’s:
- 3 aartappels
- 500 ml klaar gemaakte witsous
- fyn neutmuskaat
- knippie rooi peper
- gerasperde kaas
Kook die hoender tot gaar. Pluis die hoender en meng met sous wat in die pot is, asook die BBQ sous.
Skil die aartappels, sny in plat skywe en kook 10 minute in sout water.
Maak die witsous, voeg ‘n bietjie fyn neutmuskaat en ‘n knippie rooi peper by.
Skep ‘n bietjie van die witsous onder in ‘n vuurvaste bak.
Pak ‘n laag aartappels op die witsous en skep die hoender bo-oor die aartappels.
Skep helfte van witsous oor die hoender, versprei mooi en pak dan weer ‘n laag aartappels.
Skep die res van witsous bo-oor en rasper kaas oor.
Bak 30 tot 40 minute in oond teen 180°C.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld