HOENDER- EN SPINASIEGEREG
- 750 g hoender filette
- 2 groot uie, gekap
- 50 ml olyfolie
- 500 g gevriesde spinasie
- 1 eetlepel knoffel, of na smaak
- 3 koppies room
- 1 bottel Napolitanasous
- ¼ koppie Parmesan kaas
- ¼ koppie broodkrummels
Uie gekap en saggies gebraai tot ligbruin in olyf olie.
Voeg spinasie by en braai tot droog. Voeg knoffel by en braai vlugtig.
Voeg room by en roer deur.
Geur met sout, peper en neutmuskaat.
Skep in ‘n plat oondskottel en hou eenkant.
Sny hoenderfilette in blokkies.
Besprinkel met sout, peper en hoenderspesery. Voeg so 50 ml olyfolie oor en meng deur.
Skep die rou hoenderblokkies bo-op die spinasie in die oondskottel.
Giet ‘n bottel kommersiële Napolitanasous bo-oor en bedek met deksel/foelie.
Bak 1 uur by 190°C.
Wikkel dit net so bietjie met ‘n lepel halftyd.
Sprinkel die Parmesan en broodkrummels oor en bak ‘n verdere 30 min onbedek.
Bedien op pastarys.
Resep en foto: Frikkie Jones