Your Recipe Blog

HOENDER- EN SAMPIOENEPASTEI

HOENDER- EN SAMPIOENEPASTEI

Heerlike 6 bestanddele resep!

  • 2 rolle skilferkors gekoopte deeg
  • 16 stukkies hoender (ek het dytjies en boudjies in die vrieskas gehad)
  • hoender speserye na smaak
  • 1 pak sampioene
  • 1 pakkie room sampioenesoppoeier
  • 500 ml melk
  • sout en peper, na smaak
  • geklitste eier, om mee te verf

Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Neem die een rol puff pastry en druk onder in die pyrex bak vas om as jou kors te dien.
Druk die kante ook vas en maak seker die deeg is egalig in die bak sodat daar nie sekere gedeeltes te dik of te dun is nie, want te dik gaan die deeg nie mooi gaar word nie en te dun gaan die vulsel uitloop. Druk gaatjies in die deeg met ‘n vurk.

Plaas die hoenderstukke in ‘n pot en braai met die speserye. Voeg bietjie, bietjie water by, maar nie te veel nie.
Potbraai die vleis tot mooi bruin. Haal die hoender uit en pluis die vleis. Maak seker daar is nie bene nie en sny die vleis in blokkies.

Sny die sampioene in skyfies en braai in dieselfde pot waarin die hoender gekook was. Sodra die sampioene mooi gebraai is, skep die hoendervleis terug in die pot en braai saam met die sampioene. Maak die sampioenesoppoeier aan met die melk en meng saam met die hoendervleis mengsel.

Kook totdat die mengsel lekker dik is. Die vulsel moenie loperig wees nie.
Skep die vulsel in ‘n ander bak en laat afkoel. Sodra vulsel afgekoel is, skep in die Pyrex bak binne in die kors.
Neem die tweede rol deeg en sit bo-op die vulsel en druk mooi vas. Maak gaatjies in die deeg met ‘n vurk, smeer met geklitste eier en bak in die oond tot mooi goudbruin en gaar. So 45 min tot ‘n uur.

Nota:
Ek het die pastei voorgesit met gemengde groente net gekook met Tannie Ina se groente speserye, gebakte aartappels en geroomde spinasie
Ek stoom spinasie totdat dit sag is en sit dit eenkant. Maak witsous en skep die spinasie by die witsous. Sout en peper na smaak en geniet. Jy kan room ook byvoeg vir ‘n meer romerige smaak.

Resep en fotos: Juanita Vermeulen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page