HOENDER EN BROCCOLI SOP
- 30 ml olyfolie
- 600 g hoenderborsies sonder vel, in blokkies gesny
- 1 groot ui, gekap
- 15 ml knoffel
- 2 pakkies Ina Paarman “Roasted chicken gravy”
- 6 aartappels, in blokkies gesny
- 1 kg broccoli
- 60 ml Ina Paarman basil paste
- 60 ml Ina Paarman gedroogte tamatie paste
- 30 ml droë pietersielie
- 125 ml room
- 1,75 liter kookwater / hoendersous
- sout en peper na smaak
Verbruin hoenderblokkies, voeg gekapte uie by en braai vir 5 – 7 minute, voeg knoffel by en braai vir 3 minute.
Meng “roasted chicken gravy”, aartappelblokkies, broccoli, basil paste, gedroogte tamatie paste, pietersielie, water, sout en peper by.
Ek het die sop vir 20 minute in ‘n stoompot gekook.
Skep hoender en groente in ‘n voedselverwerker en verwerk tot ‘n puree.
Plaas terug in pot, meng met die water waarin dit gekook het.
Voeg room by en bedien met brood van eie keuse.
Foto en resep: Elna Erasmus