Your Recipe Blog

HOENDER CORDON BLEUGEBAK

Recipe by
Cook: 25 minute

HOENDER CORDON BLEUGEBAK

‘n Vinnige en maklike aandete – veral as jy oorskiet hoender en ‘n bietjie gekoopte ham het!

  • 2 – 3 koppies oorskiet fyn hoender
  • 6 groot skywe gekoopte ham, gekap
  • 25 ml botter
  • ½ rooi ui, fyngekap
  • 125 g roomkaas
  • 75 ml room
  • 50 ml warm water
  • 1 teelepel knoffelpoeier
  • 2 teelepels gekapte sprietuie
  • sout en peper na smaak
  • 1 ½ koppies gerasperde kaas

Plaas die hoender in ‘n gesmeerde oondbak.
Sprinkel die gekapte ham bo-oor.
Smelt die botter in’ n pot en braai die ui vir 5 minute tot deurskynend.
Voeg al die bestanddele (behalwe die kaas) by, roer en prut totdat dit ‘n dik sous vorm.
Skep die sous bo-oor die hoender en ham en sprinkel die gerasperde kaas bo-oor.
Bak vir 25 minute by 180ºC tot goudbruin.
Bedien met ‘n slaai.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page