HOENDER “CHOW MEIN”
- 400 g eierpasta (egg noodles)
- 500 g hoender fillette, baie dun opgesny
- 10 ml bakpoeier
- 5 ml witpeper
- 15 ml soyasous
- 175 ml olie
- 5 sprietuie, gekerf
- 3 knoffelhuisies, gekerf
- 10 ml fyn gemmer, opsioneel
- 150 g wortel, opgesny in repies
- 300 g kool, gekerf
- Sous bestanddele:
- 90 ml hoisonsous
- 90 ml soyasous
- 45 ml fyn gepekelde rissie
- 15 ml suiker
- 10 ml rys asyn
- 10 ml sesame olie
Plaas die dun opgesnyde hoender in ‘n bak en bedek met bakpoeier, witpeper en soyasous (gemeng). Meng goed deur en marineer vir ten minste 15 min.
Maak sous aan vir die Chow mein.
Meng die hoisonsous, soyasous, gepekelde rissie, suiker, rysasyn en sesame olie saam, hou eenkant.
Maak die eierpasta gaar in water met sout. Dreineer as dit gaar is en plaas in ‘n skinkbord, maak so droog as moontlik met kombuispapier, hou eenkant.
Voeg 50 ml olie in wok/pot laat dit lekker warm raak. Braai die hoender tot gaar, skep uit en hou eenkant. Braai die wortel en kool vir ongeveer 3 minute, skep uit hou eenkant.
Voeg 125 ml olie in die pan, braai die sprietuie in die olie, voeg die knoffel en fyn gemmer by en braai vinnig. Voeg die gaar eierpasta by en meng goed. Voeg die gaar hoender by en roer die sous deur.
Voeg laaste die groente by en meng goed. Braai vir ongeveer 1 minuut.
Bedien warm.
Resep en foto – Margaré Phillips