Your Recipe Blog

HEUNING EN MOSTERDHOENDER

Recipe by
Cook: 60 minutes

HEUNING EN MOSTERDHOENDER

  • 6 hoender dytjies of boudjies
  • 15 ml heuning
  • 15 ml Dijon mosterd
  • 15 ml mosterdsade of korrelmosterd
  • 15 ml tamatiesous
  • 10 ml olyfolie
  • 2.5 ml borrie
  • 2.5 ml rissiepoeier
  • sout en gemaalde swartpeper
  • paar dun suurlemoenskywe
  • 1 knoffelhuisie
  • 8 piekeluie, geskil

Verhit die oond tot 170°C.
Meng al die bestanddele behalwe die sout en peper.
Maak ligte insnydings in die hoenderstukke en voeg dit by die mengsel.
Werk goed deur sodat die stukke heeltemal bedek is. Laat marineer vir 1 uur.
Plaas die gemarineerde hoender in ‘n oondbak saam met die uitjies, knoffel en suurlemoenskywe.
Geur met sout en peper en plaas onbedek in die oond vir 1 uur tot goudbruin en gaar.

Resep en foto Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page