HETTIE SE SUIKERMIELIEONTBYTPOFFERTJIES
- 1 blikkie suikermielies
- 1 koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- olie of botter vir vlak braai
- 2 teelepels suiker of versoeter na smaak, opsioneel
Meng al die bestanddele goed saam.
Skep groot lepels vol in olie of botter in warm pan.
Maak effens plat met agterkant van ‘n lepel.
Bak beide kante tot bruin.
Plaas poffertjie in ‘n bord en bedien met die volgende opsies.
- gaar spek
- gebakte eier
- avokado
- soetrissiesous
Pak lagies met opsie bestanddele en geniet ‘n heerlike voedsame ontbyt.
Resep en foto: Hettie Gouws Stoltz