HETTIE SE RISSIE TAMATIEKONFYT
- 2.5 kg klein tamatietjies, gehalveer of 2 kg groot ryp tamaties
- 2 Grannysmith appels, fyn gerasper sonder skil (vir pektien)
- ongeveer 7 rooi rissies, opgekerf, gooi pitte ook in vir meer brand
- 1.5 kg suiker
- ½ stuk vars gemmer, in stukkies gesny of
- 2 teelepels fyn gemmer
- ½ teelepel sout
- sap van een suurlemoen
Halveer tamatietjies met skil of gooi groot tamaties in warm water om skil af te trek – sny op in klein blokkies.
Meng al die bestanddele saam en laat staan vir so ½ uur sodat suiker kan smelt.
Kook oor lae hitte vir ongeveer 1 ½ tot 2 ure of tot konfyt stol stadium bereik.
Roer gereeld sodat dit nie brand nie. (Ek skep nie die skuim af)
Bottel warm in gesterliseerde botteltjies.
Resep geplaas deur Hettie Gouws Stoltz
Foto: Hettie Gouws Stoltz
Hi … kan mens groen rissies gebruik.. dankie
Hi Joanne
Solank dit rissies is, maak die kleur nie saak nie, jy kan maar besluit hoe warm jy die konfyt wil he, net solank jy nie bedoel “green peppers” nie want dit is nie rissie nie, maar ek glo jy weet dit. Daar is net baie verwarring want die afrikaanse naam is soetrissie… lekker kook