Your Recipe Blog

HERTZOGGIES  

Recipe by
Cook: 12 - 15 minutes | Servings: 60 - 65 koekies

HERTZOGGIES  

  • Deeg:
  • 750 g (6 koppies) koekmeel
  • 10 ml (2 teelepels) bakpoeier
  • 5 ml (1 teelepel) sout
  • 500 g (1 blok) botter
  • 500 ml (2 koppies) suiker
  • 4 eiers
  • 30 ml (2 eetlepels) volroommelk
  • Vulsel:
  • 185 ml (¾ koppie) fyn appelkooskonfyt
  • Meringue-bolaag:
  • 5 ekstragroot eierwitte
  • 250 ml (1 koppie) strooisuiker
  • 2½ ml (½ teelepel) vanilla geursel
  • 500 ml (2 koppies) klapper

Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Vryf botter by meelmengsel in totdat dit soos fyn broodkrummels lyk.
Roer suiker by tot gemeng.
Klits eiers en melk saam.
Roer dit by meelmengsel tot ’n deeg vorm. As deeg te styf is, kan nog ’n bietjie melk bygevoeg word tot ’n stywe, maar hanteerbare deeg vorm.
Plaas deeg in ’n plastieksakkie en laat dit 30 minute lank in die yskas staan.

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer kolwyntjiepanne goed met botter.
Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot ongeveer vier mm dik.
Druk deegsirkels uit met ’n koekiedrukker van 6 cm in deursnee en plaas dit in die kolwyntjiepanne.
Skep ongeveer 5 ml (1 teelepel) appelkooskonfyt in elke deegdoppie.

Maak die meringue-bolaag:
Klits die eierwitte tot stywepunt stadium en klits dan strooisuiker geleidelik by.
Hou aan klits tot meringue dik en glansend is.
Roer vanilla geursel en klapper in.
Skep genoeg meringue op elke koekie om die konfyt heeltemal te bedek.
Bak dit 12 – 15 minute of tot die meringue liggoudbruin is.
Laat koekies effens afkoel in die panne en plaas dit dan op ’n afkoelrakkie om heeltemal af te koel.
Bêre dit in ’n lugdigte houer.
Maak 60 koekies; ons het dit halveer en so 35 uitgekry.

Resep geplaas deur Michelle Feast
Fotos: Michelle Feast

Nota deur Wendy Trollip: “ I make one big one in a swiss roll pan the same way then i cut it into squares.”

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page