Your Recipe Blog

HERMAN LESING SE PANTOFFELBROOD (CIABATTA)

HERMAN LESING SE PANTOFFELBROOD (CIABATTA)

Resep: Herman Lesing
Foto: Johan Du Preez Snr

  • 1 kg koekmeel
  • 10 g kitsgis
  • 1 liter lou water (gooi net 900 ml in en later die ander 100 ml soos jy knie)
  • 10 g sout
  • 30 ml olyfolie
  • Plaas al die bestanddele in ‘n menger en meng teen ‘n stadige spoed.
  • Stel die menger na drie minute vinniger. Die deeg moet altesaam 8-10 minute geknie word. (Moenie die menger alleen laat nie)
  • Sit die menger af en gooi ‘n doek oor. (hier het ek stukkie plastiek gespuit met Spray en Cook en oorgetrek en dan my doek oorgegooi)
  • Laat staan vir 45 minute.
  • Stel die oond op 220ºC.
  • Die deeg sal tot twee keer sy grootte rys.
  • Smeer ‘n bakplaat met bietjie botter of olie. (of spuit dit)
  • Strooi ‘n lekker lagie meelblom op jou bakplaat.
  • Dop stadig jou deeg op jou bakplaat en sny dit in twee met ‘n skerp mes.
  • Hanteer die deeg versigtig en vorm dit na jou smaak.
  • Plaas dit in twee langwerpige vorms op die bakplaat, of een-een op 2 bakplate.
  • Sif bietjie meel oor jou rolle en maak een of twee insnydings met jou mes, nie te diep nie.
  • Plaas ses ysblokkies in ‘n bak in die oond om stoom te maak. Dit maak dat die ciabatta ‘n bruin bros kors kry. (wat ek skoon vergeet het)
  • Bak vir 30 minute.
  • As jy wil weet of die brood gaar is, klop aan die kors en as dit hol klink, is dit gaar.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page