Your Recipe Blog

HEMELSE SJOKOLADEKOEK

HEMELSE SJOKOLADEKOEK

Weet nie waar ek die resep gekry het en of julle dit al op die blog het nie? Gou gisteraand vir my kolegas gebak.

  • 500 ml koekmeelblom
  • 183 ml kakao
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • 500 ml witsuiker
  • knippie sout
  • 125 ml sterk swart koffie, laat afkoel tot lou warm
  • 50 ml karringmelk
  • 250 ml olie
  • 2 ekstra groot eiers
  • 10 ml vanielje geursel

Smeer 2 laag koekpanne met botter en voer met bakpapier. Smeer bakpapier ook met botter. Klits olie en suiker saam tot gemeng. Voeg eiers en geursel by en klits tot mengsel liggeel van kleur is – sowat 5 minute.
Meng koeksoda met karringmelk. Sif meel, bakpoeier, sout en kakao saam.
Voeg droë bestanddele om die beurt met afgekoelde koffie en karringmelk by eiermengsel. Meng met lepel tot net gemeng.
Bak 40 – 45 minute tot toetspen skoon uitkom – moenie te lank bak nie anders is dit droog.
Laat afkoel tot panne slegs lou is. Verwyder en laat verder afkoel tot koud en versier.

  • Versiersel:
  • 500 g versiersuiker
  • 10 ml vanielje geursel
  • 100 ml kakao
  • ± 60 ml karringmelk
  • 150 g sagte margarien

Klop botter en vanielje baie goed saam. Voeg versiersuiker en kakao by.
Meng met net genoeg karringmelk om ‘n smeerbare versiersel te maak.

Resep geplaas deur Elaine Steyn Steyn
Foto:  Elaine Steyn Steyn

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page