Your Recipe Blog

HELEEN SE TAMATIEKONFYT

HELEEN SE TAMATIEKONFYT

Manlief braai… terwyl ek besig is om Tamatiekonfyt en ingelegde Kerrieboontjies te maak.

  • 2 kg tamaties
  • 1, 2 kg suiker
  • 3 cm vars gemmer, geskil en gerasper of 10 ml fyn gemmer
  • 5 ml sout
  • 1 ml grof gemaalde swart peper
  • 1 geskilde suur groen appel, gerasper

Sit tamaties in ‘n groot bak en giet kookwater oor om die skil te verwyder.
Sny op in groterige stukkies en pak die tamaties en suiker in lae in die kastrol.
Los oornag.
Sodra die suiker opgelos is, voeg die gerasperde appel, gemmer, sout en grofgemaalde peper by.
Kook die mengsel op hoë hitte, roer so nou en dan, sodat die mengsel nie aanbrand nie.
Kook ongeveer 40 min.
Bottel en seël warm.

Resep en foto:  Heleen Brümmer Nel

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page