HELEEN SE HOENDER, OLYWE EN SOETRISSIE OONDGEBAK
- 4 groot hoenderfillette, elk weer in 4 stukke gesny
- 1 ui, in ringe gesny
- ½ rooi soetrissie, in dikkerige repies gesny
- ½ groen soet rissie, in dikkerige repies gesny
- 1 pakkie “cocktail” tamaties
- 1 pakkie swart olywe, nie gedreineer nie
- 200 ml wit wyn
- 1 pakkie wit sampioene, in helfte deur gesny
- ½ koppie room
- ½ pakkie sampioene soppoeier
- 1 suurlemoen, in skywe gesny
- ½ koppie Wellingtons se “Sweet Chillie” sous
- Cape Herb en Spice se “Sweet and Smoky BBQ spice”
- gerookte “BBQ spice”
- grof gemaalde swart peper
- olie vir braai
Stel oond op 180° C.
Skil uie en sny in ringe en braai in die olie.
Skep uie uit pan en sit dit in voorbereide oondbak.
Pak die gesnyde soetrissie bo-op die uie.
Strooi die olywe oor die soetrissies in die oondbak.
Sny die helfte van die “cocktail” tamaties in die helfte deur en pak bo-op die soetrissies.
Sit nou die ander heel “cocktail” tamaties ook in die bak.
Geur die hoenderfillette met die spices.
Braai die hoenderfillette tot bruin aan albei kante en hou eenkant.
Braai nou sampioene in die pan waar die hoender fillette gebraai is, tot mooi bruin.
Haal sampioene uit pan en sit bo-op die uie, soetrissies, olywe en tamaties.
Plaas nou die hoender fillette bo-op die groente in die bak.
Meng die sap van die olywe en die wyn en giet oor die hoender.
Pak die suurlemoen skywe bo-op die hoender, maak bak toe met ‘n deksel of bedek bak met foelie.
Bak vir 30 minute.
Haal bak uit oond en haal deksel of foelie af.
Maak die sampioen soppoeier, grof gemaalde swartpeper, “sweet chillie” sous en room aan en voeg by die hoender, mengdie soppoeiermengsel goed deur met die sous in die bak.
Sit terug in die oond, moenie weer bedek nie, bak oop in oond vir so 15-20 minute.
Haal uit en bedien saam rys of knoffel platbrood.
Geniet.
Resep en foto: Heleen Brümmer Nel