HELEEN SE HERTZOGGIES
- 2 koppies koekmeel (500 ml)
- 2 teelepels bakpoeier (10 ml)
- knippie sout
- 2 eetlepels suiker (30 ml)
- ½ koppie botter
- 3 eiergele
- appelkooskonfyt
Sif al die droë bestanddele saam.
Vryf die botter met vingerpunte in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk.
Meng die eiergele by die meelmengsel in.
Rol die deeg uit en druk in ronde fatsoene uit wat in kolwyntjie panne pas.
Sit ‘n sirkel in elke gatjie van die gespuite pan en sit bietjie appelkooskonfyt in elke doppie.
- BO-LAAG
- 3 eierwitte
- ¾ koppie suiker
- 2 koppies klapper
Meng al die bestanddele vir die bo-laag saam en skep bo-op die konfyt.
Maak seker jy bedek die konfyt heeltemal anders kook dit uit.
Maak seker jy bedek die konfyt heeltemal anders kook dit uit.
Bak die Hertzoggies vir so 15 minute in die oond teen 180°C tot goudbruin.
Geniet dit!
Resep geplaas deur Heleen Brümmer Nel – Ouma Proppies
Foto: Heleen Brümmer Nel
Category: