HELEEN SE GEGEURDE WARM RYS
- 1 koppie rou rys
- 60 ml olie
- 1 ui
- ½ groen soetrissie
- ½ rooi soetrissie
- 2 tamaties, in blokkies gesny
- 5 ml Calistos Prego hoenderspeserye
- 5 ml Peppadew se “Piquant pepper and garlic Seasoning”
- 2.5 ml sout
- 2.5 ml grofgemaalde swartpeper
- 5 ml knoffelvlokkies
- 15 ml suiker
- 30 ml suurlemoensap
- 125 ml wit droëwyn
- 500 ml warmwater
Verhit die olie in ‘n pot tot baie warm.
Braai die uie, groen- en rooi soetrissies.
Voeg die rys by en braai tot rys deurskynend raak.
Voeg die tamaties, wyn, al die speserye, knoffelvlokkies, suiker, suurlemoensap en warm water by en prut op stadige hitte.
Indien dit droog kook en rys nog nie gaar is nie, voeg nog water, bietjie vir bietjie by.
Kook tot rys gaar is, gee ‘n goeie roer sodat alles lekker meng.
Dien op soos verkies.
Resep en foto: Heleen Brummer Nel