Your Recipe Blog

HEERSOUSBOONTJIES

HEERSOUSBOONTJIES

Die van julle wat dit al geëet sal kan getuig dat dit baaaaie lekker is.

  • 500 g heerboontjies (lima bone)
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel peper
  • ¼ koppie bruinasyn
  • ¾ koppie suiker

Week die bone oornag in water.
Gooi die volgende oggend die water af en gooi skoon water op en bring tot kookpunt en gooi weer die water af.
Bedek dan die boontjies net net met skoon water en kook vir omtrent 2 ure en moenie die water afgooi nie.
Sit nou die ander bestanddele by en roer goed.
Kook nou stadig tot lekker souserig vir omtrent 15 min.
Skep in gesteriliseerde flesse en seël dadelik.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page