HEERLIKSTE MALVALEKKER PYNAPPELTERT
Baie maklik en altyd ‘n treffer.
Heel eerste; vir die van julle wat gedink het dis ‘n taai spul om die malvalekkers te sny, sit ‘n bakkie water langs jou neer, doop ‘n skêr aanmekaar in water voor jy dit sny – geen taaispul nie!!!!
Jy kan ook die klein malvalekkers gebruik, dan hoef jy niks te knip nie.
- 1 glasie (250 ml) vars room
- 1 blik fyn pynappel (crushed)
- 1 pak malvalekkers
- 125 ml suurlemoensap
- 1 blik kondensmelk
- Tennisbeskuitjies
Klits room tot styf. Voeg die kondensmelk, fyn pynappel met stroop en suurlemoensap by die stywe room. Roer tot net gemeng met ‘n lepel. Knip malvalekkers middeldeur of nog kleiner soos verkies en voeg by mengsel. Moenie te veel malvalekkers byvoeg nie, want dan raak dit te droog wanneer die tert styf is.
Pak Tennisbeskuitjies in ‘n tertbord en skep die vulsel bo-oor. Sny malvalekkers en pak bo-op soos ‘n blom vir versiering, of versier soos verkies.
Hou verkoel in yskas tot gestol en geniet elke krummeltjie hiervan.
Foto’s: Kokkedoor Tessie Els Kemp
3de foto: Zörana Geldenhuys