Your Recipe Blog

HEERLIKE VYETERT

Cook: 30-35 min

HEERLIKE VYETERT

Vye tert -ek’t my normale appeltert resep gevat en net die appel met ‘n blikkie ingelegde vye vervang, baie lekker uitgekom.
Gebruik ‘n oondbak van 28 x 21 cm.

  • Beslag:
  • 1 koppie suiker
  • 1 koppie koekmeel
  • ½ koppie melk
  • knippie sout
  • 3 eetlepels margarien
  • 3 eiers
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 blik ingelegde vye, sny klein
  • 100 ml van die vyesap in die blikkie
  • Sous:
  • 1 koppie suiker
  • 1 koppie room

Meng die suiker en margarien saam tot room, voeg eiers by,  en meng duer.
Sif die droë bestanddele saam en meng droë by die beslag.
Voeg melk en vyesap by en dan gesnipperde vye, meng goed.
Skep in voorbereide tertbak.
Bak by 180 ºC vir 30 – 35 min. Toets met toetspen dat dit gaar is.
Kook sous bestanddele saam in die mikrogolf, en skep oor die tert wanneer dit uit die oond kom.
Kan ook paar gaatjies druk om die sous in te help.

Resep en foto:  Heleen Albrecht
Elmarie Bakeberg – Ek’t dit met perskes gedoen en die perskesous oor gegiet, dit was baie lekker.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page