Your Recipe Blog

HEERLIKE VANILLA CUPCAKES

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 1 x 15 cm ronde koekpan of om en by 13 cupcakes.

HEERLIKE VANILLA CUPCAKES

Dit kan gebruik word vir ‘n gewone koek asook vir cupcakes.

  • Vir die stroop:
  • 100 g strooisuiker
  • 100 ml water
  • 5 ml vanilla

Kook tot suiker opgelos is en laat vir so 2 minute prut. Laat afkoel.
Die stroop smeer jy met ‘n pastry kwassie oor die warm koek.

  • Vanilla Koek:
  • 200 g sagte margarien of botter
  • 200 g strooisuiker
  • 10 ml vanilla
  • 4 eiers, liggies geklits
  • 200 g bruismeel, gesif

Voorverhit oond tot 180ºC.
Klits margarien tot lig en donsig (die geheim is om dit baie goed te klits).
Voeg vanilla by.
Voeg die eiers een derde op ‘n slag by en klits baie goed.
Voeg nou die meel by een derde op ‘n slag, moet glad nie dit te lank meng nie, want dan raak die koekdeeg taai.
Voeg res van eiers en meel om die beurt by en meng.
Sodra die deeg bymekaar kom, skep in cupcake houertjies wat in ‘n muffin pan geplaas is of voorbereide koekpanne.
Bak 35 minute of tot gaar, smeer die stroop oor die warm koek/cupcake sodra dit uit die oond kom.
Cupcakes baktyd is vir my so 25 minute.

  • Versiersel:
  • 450 gesifte versiersuiker
  • 200 g sagte botter
  • 5 ml vanilla

Klits botter vir omtrent 5 minute. Dit moet spierwit wees.
Voeg die versiersuiker een derde op ‘n slag by en na elke byvoeging klits jy dit ook vir so 2 – 3 minute.
Gooi die vanilla by en klits.
Sit kleursel by na smaak, meng deur en gebruik.

Nota:
Gebruik gel kleursel. Die vloeistof een maak die versiersel baie sag.
Hierdie stroop kan jy op enige koek smeer. Dit hou die koek heerlik klam.

Plasing: Mareli Coetzee
Foto: Mareli Coetzee

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5