HÉÉRLIKE TUNAPASTA
- bietjie olie
- 1 fyngekapte ui
- 125 g bruin sampioene, opgesny
- 2 vars knoffelhuisies, opgekap
- 2 eetlepels dille
- ½ teelepel neutmuskaat
- 2 eetlepels Robertsons visspeserye
- 2 eetlepels koekmeel
- 1 eetlepel botter/margarien
- 2 blikkies gedreineerde tuna
- 1 sakkie Ina Paarman aftrekselpoeier
- ½ koppie gevriesde ertjies
- ½ koppie gevriesde mielies
- skil van 1 suurlemoen
- 500 g penne pasta
- Cheddar kaas, gerasper
- pietersielie
- paprika
Roerbraai die fyn ui liggies in ‘n bietjie olie.
Voeg die gesnyde sampioene en opgekapte knoffel by en roerbraai tot lekker gaar.
Voeg die dill, neutmuskaat, visspeserye, meel en margarien by.
Roer die bestanddele deur tot die meel begin gaar word.
Voeg die melk bietjies-bietjies by en roer heeltyd oor lae hitte totdat ‘n dik sous vorm.
Voeg die gedreineerde tuna en visaftreksel by en meng deur.
Laat prut oor lae hitte tot die sous ‘n medium dikte is (voeg melk by indien nodig).
Voeg nou die ertjies en mielies by en meng deur.
Rasper die suurlemoenskil in die mengsel in en roer deur (moenie uitlaat nie).
Kook die pasta in ‘n pot met olie, sout en kookwater. Laat kook slegs tot halfgaar (dit moet nog oond toe). Dreineer die pasta.
Neem ‘n oondpan en plaas die gaar pasta en tunasous daarin. Meng bietjie deur.
Strooi gerasperde Cheddar kaas, paprika en droë pietersielie oor as garnering.
Bak in ‘n voorverhitte oond van 180ºC tot goudbruin.
Resep en foto: Michelle Polley












