HEERLIKE STAMPMIELIE GEREG
Heerlike alternatief in die plek van pap.
- 500 ml stampmielies
- 7 ml sout
- 10 ml botter
- 1 pakkie spek, gesnipper
- 250 g sampioene, in skyfies gesny
- 250 ml mayonnaise
- 125 ml room
- 1 pakkies wituiesop
- 250 ml gerasperde cheddarkaas
- vars gemaalde swartpeper na smaak
Week die stampmielies oornag in water.
Dreineer en giet die mielies in ‘n kastrol.
Voeg genoeg water by om dit te bedek. Kook tot gaar en dreineer.
Voeg die sout by en roer deur.
Voorverhit die oond tot 180º C en smeer ‘n oondvaste bak.
Verhit die botter in ‘n pan en braai die spek en sampioene tot bruin.
Meng die mayonnaise, room, soppoeier en kaas in ‘n groot mengbak.
Voeg die stampmielies, spek en sampioene by en geur met peper.
Skep die mengsel in die voorbereide bak en bak ongeveer 60 minute tot bruin bo-op.
Nota:
Indien verkies kan nog kaas bo-op gestrooi word, maar dit is opsioneel.
Kan ook uie en soetpeppers saam braai indien verkies.
Resep: Karien Coetzee
Foto: Helvi Aisha Jiyane