HEERLIKE SJOKOLADE KOPPIEKOEK
Mediese navorsers het bewys dat sjokolade ‘n opkikker is. Dus is dit ‘n briljante idee om dié bevindinge ter harte te neem en hierdie sjokolade-koppie op die proef te stel.
- 2 koppies (200 ml elk), uitgesmeer met botter of olie
- Beslag:
- 100 ml suiker
- 100 ml koekmeel
- 75 ml melk
- 75 ml olie/botter
- 50 ml kakao
- 1 eier
- 2 druppels vanilla of karamelgeursel
- knippie sout
- Opsioneel:
- 75 ml Choc-chips of een fyngemaakte piesang
- Versiersel:
- 100 ml drinksjokoladepoeier of kakao en suiker
- 100 ml water
- 5 ml Maizena
Klop die eier, sout en suiker saam.
Meng die melk en olie in ‘n ander bak saam.
Meng die eier-suikermengsel saam met die olie-melkmengsel en vou die koekmeel en kakao met ‘n vurk in.
Deel beslag in die koppies.
Plaas in mikrogolfoond en bak vir 3 min. op hoog. Moenie die bakproses onderbreek nie. Laat staan vir ‘n minuut en haal dan uit.
Versiersel:
Meng sjokoladepoeier, water en Maizena saam en kook vir 20 sekondes op hoog, roer, en kook weer vir 20 sekondes.
Gooi die versiersel bo-oor die koek in die koppie nadat dit gebak het.
Die koek kan ook uitgedop word in ‘n kleinbordjie en so opgedien word met die versiersel bo-oor.
Roomys of vla kan bybedien word.
Resep geplaas en foto: Heidi Rowe