- 10 ml bakpoeier
- 1 ml koeksoda
- 1 ml sout
- 125 g botter/margarien
- 250 ml witsuiker
- 2 eiers
- 125 ml melk
- 2 ml vanilla geursel
- 250 ml goed fyngemaakte piesangs (3 groteriges of 4 kleinerigs)
- Voorverhit die oond tot 180ºC.
- Smeer, of bespuit ‘n broodpan van 23 x 12 x 6 cm.
- Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
- Verroom die botter/margarien en witsuiker.
- Klop die eiers by die suikermengsel en daarna die vanilla geursel.
- Roer die meelmengsel en melk beurtelings by die eiermengsel.
- Roer die piesangmoes laaste by.
- Skep die beslag in die pan en maak dit gelyk.
- Bak vir ‘n uur of tot gaar. Keer uit op ‘n draadrak om af te koel.
Category:

