Your Recipe Blog

HEERLIKE PIESANGBROOD

Cook: ongeveer 1 uur | Servings: 1 broodjie

HEERLIKE PIESANGBROOD

Die sukses van ‘n piesangbrood:
Die eiers moet by kamertemperatuur wees.
Gebruik vanilla geursel en nie piesanggeursel nie. Die piesangs moet goed ryp wees en met ‘n vurk fyngemaak word – nie in ‘n voedselwerker of versapper nie.
  • 500 ml ongesifde koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 ml koeksoda
  • 1 ml sout
  • 125 g botter/margarien
  • 250 ml witsuiker
  • 2 eiers
  • 125 ml melk
  • 2 ml vanilla geursel
  • 250 ml goed fyngemaakte piesangs (3 groteriges of 4 kleinerigs)

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Smeer, of bespuit ‘n broodpan van 23 x 12 x 6 cm.
Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Verroom die botter/margarien en witsuiker.
Klop die eiers by die suikermengsel en daarna die vanilla geursel.
Roer die meelmengsel en melk beurtelings by die eiermengsel.
Roer die piesangmoes laaste by.
Skep die beslag in die pan en maak dit gelyk.
Bak vir ‘n uur of tot gaar. Keer uit op ‘n draadrak om af te koel.

Resep getoets deur en foto: Louisa Hollenbach

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page