Your Recipe Blog

HEERLIKE MONDVOL KAASSKONS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minutes | Servings: 6 groot of 12 klein

HEERLIKE MONDVOL KAASSKONS

Wanneer jy net gou wil skons bak en niks moet uitgerol word nie, net die meng van droë- en nat bestanddele en daar gaan jy. Probeer gerus ek weet daar is hordes skons resepte, maar ‘n goeie een in altyd welkom, glo ek.

  • 500 ml koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 5 ml droë mosterdpoeier
  • knypie rooipeper
  • 250 ml gerasperde kaas
  • 80 ml olie
  • 1 eier
  • 180 ml melk
  • 20 ml asyn

Sif die droë bestanddele saam en meng die kaas daarin.
Meng die olie, eier, melk en asyn, klits goed en meng in die meelmengsel in.
Moenie oorwerk nie, meng net tot goed gemeng. Indien die deeg te droog is, sit bietjie ekstra melk by, maar nie te veel nie dit is nie ‘n slap deeg nie.
Spuit ‘n 6 gat muffinpan en verdeel die deeg tussen die gaatjies.
Bak vir 20 min by 180 ºC tot mooi gekleur bo-op en gaar wanneer jy toets.
Laat staan rukkie in die pan, maak die randte mooi los want die kaas laat dit bietjie vassit en haal versigtig uit. Laat staan so 10 minute en bedien.
Lekker eet.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page