Your Recipe Blog

HEERLIKE MIKROGOLF KOLWYNTJIES OF KOEK

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 14 standaard cupcakes

HEERLIKE MIKROGOLF KOLWYNTJIES OF KOEK

Die resep kom uit ‘n ou Huisgenoot is eintlik vir ‘n mocca maklike mikrogolf koek, maar ek pas dit aan na wat ek wil hê. Jy bak 6 in 2:30 minute, die resep as jy standaard cupcake cups gebruik maak so 14.

  • 125 ml water
  • 60 ml kookolie
  • 5 ml vanilla geursel (of 30 ml kakao as jy sjokolade kolwyntjies wil maak)
  • 2 eiers
  • 190 ml suiker
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • knippie sout

Bespuit ‘n ronde mikrogolf pannetjie of ‘n 2 liter roomysbak met “spray and cook” en voer uit met waspapier (vir cupcakes spuit net die cupcake holders).
Mikrogolf die water en olie (as sjokoladekoek maak, voeg die kakao ook by) op hoog vir 1 minuut. Klits die eiers en suiker tot lig van kleur. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en vou dan in by die eiermengsel met ‘n metaal lepel.
Voeg die watermengsel by en meng goed. Skep in voorbereide pannetjie en bak vir 6 minute op 100% in die mikrogolf of 2:30 minute vir kolwyntjies.
Laat heeltemal afkoel en versier soos verkies.

Nota: 
Laat dit net bak vir 6 min en kolwyntjies 2:30 min, nie langer anders sal dit kliphard in die middel wees, ek het al daai fout gemaak! Net ‘n minuut te lank kan ‘n groot verskil maak.

Koffiekoek variasie:
As jy dit ‘n heerlike koffiekoek wil maak voeg 15 – 30 ml koffiepoeier en 30 ml stroop by die olie en water en 5 ml kaneel by die eiers en suiker.

Resep en foto:  Wiandra Nel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page