HEERLIKE MELKTERT MET SMEERKORS
- Kors :
- 1 ½ koppies koekmeel
- ½ koppie botter
- 3 teelepels bakpoeier
- ½ koppie suiker
- ½ koppie melk
- 1 eier
Klop botter en suiker tot romerig, voeg eier, bakpoeier, meel en melk by en meng deeglik tot ‘n deeg.
Smeer deeg egalig in tertbak teen die rante ook en hou eenkant.
Nota:
Kors en vulsel word saam gebak, nie apart nie.
- Vulsel:
- 4 ½ koppies melk
- 3 eiers, geskei
- 1 ½ hoogvol teelepels koekmeel
- 1 ½ eetlepels botter
- 4 ½ eetlepels suiker
- 2 ¼ eetlepels Maizena
- 1 ½ teelepel vanilla essence
Klits eierwitte styf en hou eenkant.
Kook 4 koppies melk met die helfte van die suiker.
Meng die koekmeel en Maizena met die halwe koppie melk, klits die eiergele en suiker in by die meelmengsel.
Meng baie goed en klits stadig in by die warm melkmengsel terwyl jy heeltyd klits.
Haal van die hitte af en roer botter, geursel en styfgeklopte eierwitte in.
Skep in kors. Strooi kaneel oor en bak vir 15 – 20 minute op 180 ºC (voorverhit).
Laat afkoel en geniet.
Resep en foto: Gideon Louw