HEERLIKE KNOFFEL HOENDERBORSIES
Hierdie hoender het soo lekker uitgekom, sag en sappig.
- 6 ontbeende hoenderborsies
- 2 koppies wit wyn van jou keuse
- 2 knoffel vingertjies, fyn gekap
- speserye na smaak
- ½ koppie vars spruit uie, opgesny
- 2 takkies vars salie
- 2 uie, gekerf
- 1 pakkie sampioene, opgesny
- knoffel mayonnaise
- sout, na smaak
Plaas die wyn onder in ‘n bak en sit die hoenderborsies daar in.
Sprinkel speserye oor hoender en smeer in met die knoffel Mayonnaise.
Ek gebruik die agterkant van ‘n eetlepel om die hoender mee te smeer.
Sit die res van bestanddele, buiten die sout op die hoenderstukke.
Sit oornag in yskas met ‘n deksel op.
Volgende dag, strooi sout oor net voor jy dit bak.
Plaas die hoenderborsies in ‘n oondbak met ‘n deksel saam met al die marinade bestanddele waarin die hoender oornag was.
Voorverhit oond tot 180°C en bak vir ± 1½ uur met deksel op.
Nota:
Ek het my ysterpot gebruik, maar jy kan ‘n oondpan ook gebruik.
Ek het toe ek dit uit die oond gehaal het, die hoender uitgeskep en Bisto aangemaak, ingeroer by die pansappe en ‘n lekker bruin sousie gemaak.
Indien jy nie knoffel Mayonnaise gaan gebruik nie, maak die vars knoffel bietjie meer na smaak.
Resep en foto: Marian van Deventer