HEERLIKE KLAM WORTELKOEK OF KOLWYNTJIES
Vanoggend gou bietjie wortelkoek cupcakes gebak. Klein pannetjies en grotes gebruik.
My oorlede oom Koos Swanepoel, het die resep altyd gebak.
- 250 ml wit suiker
- 250 ml sonneblomolie
- 3 eiers
- 5 ml vanilla geursel
- 375 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 5 ml kaneel, opsioneel
- 5 ml koeksoda
- knippie sout
- 250 ml fyngedrukte ryp piesang
- 250 ml gerasperde wortels
- 125 ml gekapte neute, opsioneel
- 80 ml klapper, opsioneel
Meng eiers, olie, suiker en vinilla geursel tot romerig.
Sif droë bestanddele by die eiermengsel en meng baie goed.
Voeg klapper, piesang, wortels en neute by en meng goed deur.
Skep in 2 laag koekpanne en bak teen 180°C vir 25 min.
Laat afkoel voor dit uitgehaal word.
Sif droë bestanddele by die eiermengsel en meng baie goed.
Voeg klapper, piesang, wortels en neute by en meng goed deur.
Skep in 2 laag koekpanne en bak teen 180°C vir 25 min.
Laat afkoel voor dit uitgehaal word.
Of skep in kolwyntjie pannetjies en bak vir tussen 15 en 20 min.
- Versiesel:
- 110 ml botter
- 100 ml roomkaas
- 375 ml versiersuiker
- 5 ml vanilla geursel
Room botter en versiersuiker goed saam, voeg roomkaas en geursel by en meng goed.
Smeer tussen koeklae en ook bo op. (Of bo-op kolwyntjies)
Resep en foto: Yolandé Van den Hever
Category:
Awesome & Delicious
Die awesomste wortel kolwyntjie resep ooit!! Baie baie dankie.