Your Recipe Blog

HEERLIKE KERRIE MET BEES-, SKAAP- OF HOENDERVLEIS

HEERLIKE KERRIE MET BEES-, SKAAP- OF HOENDERVLEIS

My man het vir ons Bunny Chows gemaak met sy beesvleiskerrie.  Was heerlik – dis koud en reënerig hier.

  • 500 – 600 g beesvleisblokkies
  • 2 – 3 eetlepels sterk kerriepoeier
  • 1 teelepel knoffel
  • 2 groot uie, gekap
  • 1 teelepel borrie
  • ¼ teelepel fyn komyn (Engels – cumin)
  • ½ teelepel fyn gemmer
  • 4 – 5 lourierblare
  • 1 blikkie tamatiepasta
  • sout en peper
Verhit olie in pot.
Braai uie en knoffel tot ligbruin. Verwyder uit pot.
Braai vleis bruin. Verwyder eers weer die vleis.
Plaas die uie en knoffel terug in pot.
Voeg komyn, borrie, gemmer en kerriepoeier by en roer vinnig sodat dit nie aanbrand nie (dit raak bitter) en voeg ‘n koppie water by.
Plaas die vleis terug in die mengsel.
Voeg klein bietjies water by indien dit droogbraai.
Kook mengsel tot vleis byna sag is.
Voeg 5 aartappels in blokkies gesny by en kook tot vleis en aartappels sag is.
Voeg tamatiepasta by asook sout en peper na smaak.
Prut vir nog so 10 – 15 minute. Roer goed deur.
Bedien op rys met tamatie-salsa, blatjang, klapper en piesangskywe of my gunsteling, Bulgaarse joghurt met fyngekapte mintblare.
Nota:
Ons gebruik dieselfde resep vir skaap- en hoenderkerrie.

Resep en foto:  Lorraine Weitz Brand

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page