Your Recipe Blog

HEERLIKE JOGURT EN LABNEH

HEERLIKE JOGURT EN LABNEH

My weergawe van Labneh, ek gebruik my eie jogurt, maar as jy dit strain (plaas die jogurt in ‘n kaasdoek oor ‘n vergietes oornag in die yskas) om dik te word neem die jogurt ‘n heel ander smaak aan, dan maak ek net bolletjies en sit in olyf olie saam met speserye en sommer stukkies olywe of songedroogte tamatie of wat jy dink gaan lekker wees. Ek maak balletjies, die jogurt behou die tekstuur baie mooi in die olie.

  • Tuisgemaakte jogurt:
  • 1½ liter melk
  • ⅓ koppie kommersiële jogurt

Sit 6 klein erdeware bakkies in ‘n pan wat 1 duim kook water in het.
Laat melk opkook.
Skep die melk in die bakkies en los tot dit nie jou pinkie brand as jy dit daarin hou nie, omtrent 37°C.
Meng ‘n lepel jogurt versigtig in die melk.
Plaas in ‘n hooikis, maw. draai dit in komberse toe.
Mens kan ook net die water met kookwater so 1 of 2 keer vervang.
Ek kook my melk in ‘n potjie en dan laat ek dit afkoel tot 37°C.
Dan meng ek my jogurt versigtig by en plaas dan die potjie in ‘n “eco pumpkin” oftewel ek draai hom toe met komberse.
Nou moet dit net so staan vir 6 ure.

Resep en foto: Gregor Jordaan

Nota:
Iandra Christien Maré:
Ek is mal oor labneh. Het dit altyd gemaak in Ghana en gekoop in Dubai. Saam pita, hummus en kebabs of shashuka was dit koningskos.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page