Your Recipe Blog

HEERLIKE HOENDERSOP

Recipe by
Cook: 25 - 35 minute | Servings: 4 porsies

HEERLIKE HOENDERSOP

  • 2 eetlepels botter
  • 1 eetlepel olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 pakkie spek, blokkies gesny (200 g)
  • 2 – 3 groot, vellose hoenderborsies, in klein blokkies gesny
  • 175 g (1 koppie) pastarys
  • 1½ liter hoenderaftreksel (3 eetlepels Ina Paarman “Chicken flavour stock powder”)
  • 1 koppie bevrore gemengde groente (ertjies, blokkies wortel, mielies)
  • 3 ml Ina Paarman gegeurde sout
  • 3 ml Ina Paarman knoffel peper
  • 250 ml room of suurroom
  • pietersieleblare, fyngekap

Smelt die botter saam met die olyfolie in ’n swaarboomkastrol oor matige hitte. Voeg die ui en knoffel by en laat sweet vir 10 – 15 tot sag.
Roer die spek by en verhoog hitte, roerbraai vir 5 minute.
Voeg die hoender, pastarys, gevriesde groente, aftreksel en geurmiddels behalwe die pietersielie by en bring tot kookpunt.
Sodra dit kook, verlaag die hitte en laat prut dit vir 25 – 30 minute totdat die pastarys baie sag is. Roer gereeld.
Voeg die room by en laat vir nog 5 minute baie liggies prut.
Proe of die sout en geurmiddels aangepas moet word. Bedien met ’n bietjie pietersielie en varsgemaalde swartpeper bo-oor gesprinkel indien so verkies.

Nota:
Die geheim van die heerlike geur van hierdie sop is die sweet van die uie, knoffel en die spek en die gebruik van Ina Paarman speserye en aftreksel. As jy enige van hierdie bestanddele met iets soortgelyk vervang sal dit nie dieselfde proe nie. ‘n Ou vettige hoenderblokkie in ‘n blink papiertjie gaan jou sop spoil!
Ek verkies ook suurroom i.p.v. gewone room in die resep.

Resep en fotos: Louise Groenewald

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page