HEERLIKE HOENDERBORSIES
- 1 koppie koekmeel
- 1 eetlepel sout
- 1 eetlepel knoffelvlokkies
- 1 eetlepel Italiaanse kruie
- 2 teelepels swartpeper
- 1 teelepel rissievlokkies
- 1 teelepel aromat
- 2 eiers, geklits
- broodkrummels
- genoeg olie vir vlakbraai
- 4 hoenderborsies
Meng al die bestanddele saam behalwe die eiers, broodkrummels, olie en hoenderborsies.
Jy het drie bakkies, een met eier een met die meelmengsel en een met broodkrummels.
Neem die hoenderborsies aan die dun punt en sny dit met ‘n skerp mes ‘n entjie van bo af in stroke sodat dit nog aan mekaar is en lyk soos vingers.
Rol die hoenderborsies in die meelmengsel dan in die geklitste eier en dan in die broodkrummels.
Pak die vleis in ‘n enkel laag op ‘n bord of skinkbord.
Laat staan ‘n rukkie in die yskas om goed koud te word met die krummels om.
Maak die olie warm in ‘n pan en bak hoender vir ‘n paar minute tot goudbruin.
Nota:
Jy kan dit doop in ‘n doopsous of tamatie sous en is heerlik.
Resep en foto: Gideon Louw