Your Recipe Blog

HEERLIKE GROENTE- EN BEESVLEISSOP

HEERLIKE GROENTE- EN BEESVLEISSOP

  • 2 kg beessopvleis / shin
  • 3 seldery stingels
  • 1 ui
  • 10 sopbene met murg in
  • 1 pakkie 3 in 1 soup mix /mengsel
  • 5 wortels, ringe gesny
  • 5 aartappels blokkies
  • 2 teelepels sout
  • 2 teelepels koljander
  • peper
  • 1 bakkie tamatiepasta
  • 3 liter water
  • Maizena

Kook sopvleis en bene tot sag vir 1 uur in die stoompot.
Haal die murg uit die murgbene en sit die bene in die asblik.
Haal al die vliesies van die ander bene af en skep terug in die pot.
Sit die pakkie 3 in 1 sopmengels in die stoompot en stoom vir 30 min.
Voeg die tamatiepasta by saam met die wortels en aartappels  en stoom vir 10 min.
Roer alles deur. Meng 2 eetlepel Maizena met ‘n halwe koppie water en roer by die sop in.
Prut deur tot lekker dik en alles gaar.
Lekker eet.

Nota:
Geen tamatie nie, dit laat die sop gis.

Resep en foto: Sonja Beukes Oosthuizen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page