HEERLIKE FUDGE
- 250 g botter
- 2 koppies suiker
- 30 ml melk
- 1 blik karamel kondensmelk
- 1 eetlepel goue stroop
- 5 ml vanilla geursel
Smelt die botter en voeg die suiker en melk by, roer oor medium hitte vir 10 minute tot suiker gesmelt is. Roer aanhoudend.
Voeg die goue stroop en karamel kondensmelk by en kook (hou aan roer) vir nog 10 minute op hoër hitte, tot sagte bal vorm. (Om te toets, gooi ‘n druppel in yswater en as dit ‘n bolletjie vorm en nie met die water meng nie, is dit reg)
Voeg vanilla geursel by en roer.
Keer uit in ‘n gesmeerde bak en laat afkoel vir 5 – 10 minute. Sny in blokkies en laat verder afkoel.
Resep en Foto: Anne-Marie Mallinson
Category: