Your Recipe Blog

HEERLIKE ERTJIESOP

Recipe by
Cook: Ongeveer 90 - 120 minute

HEERLIKE ERTJIESOP

My vroulief het vanaand vir ons hierdie heerlike en ek bedoel dit regtig djeeeeerlike ertjiesop aanmekaar geslaan

  • 1 eetlepel “Italian herbs”
  • 1 eetlepel sout
  • 1 teelepel witpeper
  • 5 eetlepels suiker
  • 1 eetlepel rissievlokkies
  • 2 pakkies gesplete ertjie (week oornag in water en dreineer)
  • 3 koppies gekerfde uie
  • ½ koppie gekerfde seldery
  • 1 eetlepel knoffelvlokkies
  • 3 lourierblare
  • 200g spek
  • 2 koppies gesnyde varkskenkels
  • 2 groot wortels, gerasper
  • 2 groot aartappels, gerasper
  • 2 liter kookwater
  • 4 blokkies beesaftreksel
  • ¼ koppie Worcestersous

Braai in ‘n bietjie olie die uie, seldery, knoffelvlokkies, lourierblare, spek en varkskenkels tot mooi bruin. Voeg die ertjies, 2 liter kookwater en 4 blokkies beesaftreksel by, voeg die gerapserde wortels en aartappels by. Roer die speserye in.
Kook alles saam op stadige hitte vir 90 min tot sag.
Voeg die Worcestersous by en prut nog vir 10 min. Maak die groente bietjie fyner indien verkies.

Nota:
Ek hou daarvan om brood met botter en appelkoosjam saam met gerasperde kaas daarop saam met die sop te geniet.
Lekkkerrrrrr!

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page