Your Recipe Blog

HEERLIKE BRUINTJIES (BROWNIES)

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 min

HEERLIKE BRUINTJIES (BROWNIES)

Ek het die heerlike brownie resep op Salwaa’s delights gekry.

  • Smelt die volgende saam en sit eenkant: 
  • 100 g melk- of donker sjokolade
  • 50 g botter of margarien
  • Klits die volgende saam tot lig en romerig:
  • 3 eiers
  • 1 koppie suiker
  • Sif die volgende saam: 
  • 85 g koekmeel
  • 40 g kakao
  • Ekstra:
  • 50 g witsjokolade, fyngekap

Meng die meelmengsel in by die sjokolademengsel.
Vou die sjokolademengsel by die eiermengsel in.
Vou die fyngekapte witsjokolade in die beslag in.
Voer ‘n 20 x 20 cm bak uit met waspapier en smeer goed.
Skep die deeg in die voorbereide pan.
Bak teen 180 ºC vir 25 minute.
Laat effens afkoel voor jy dit sny.

Resep geplaas deur Anmarie Watney
Foto: Anmarie Watney

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page