Your Recipe Blog

HEERLIKE BROODPOEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 min.

HEERLIKE BROODPOEDING

  • 8 snye brood
  • appelkooskonfyt
  • 4 eiers
  • 500 ml melk
  • 5 ml vanilla geursel
  • ¼ koppie suiker
  • botter
  • kaneel
  • Opsioneel:
  • klapper
  • rosyne

Smeer al die brood  lekker dik met appelkooskonfyt.
Pak gesmeerde brood in ‘n oondvaste bak wat gespuit is (spray en cook).
Skei  die eiers.
Meng die melk, eiergele, vanilla en suiker.
Gooi die melkmengsel oor die brood.
Sit klontjies botter oral op die brood en melkmengsel.
Klits eierwitte styf en smeer oor die brood, sprinkel kaneel oor.
Bak 180°C vir 35 minute.

Nota:
Kan ook klapper en rosyne byvoeg vir ekstra lekkerte: strooi klapper en rosyne tussen elke laag brood voor jy die eierwitte opsit.

Resep en foto: Natacha Visagie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page