Your Recipe Blog

HEERLIKE BOTTERSKORSIEBLOKKIES

HEERLIKE BOTTERSKORSIEBLOKKIES

  • 1 kg botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
  • 2 teelepels fyn gerasperde ui (ja ui, dit bring die geur van die pampoen uit en jy proe dit glad nie)
  • 1 teelepel gemmerpoeier
  • 90 ml botter/margarien
  • 1 koppie suiker
  • 1 teelepel sout

Smelt botter/margarien, suiker en gemmer saam in ‘n pot.
Plaas eers gerasperde ui en dan pampoen in die pot.
Laat prut oor lae hitte.
So 20 minute in kookproses, roer pampoen versigtig om, dat onderste pampoen bo is en die boonste onder lê.
Laat prut verder tot gaar.
Roer nog eenmaal versigtig die pampoen sodat alles lekker bedek is met die suikerstroop.
Prut tot die pampoen sag is en die stroop lekker aan die pampoen kleef.

Nota:
Of jy kan jou pampoen fynmaak, nes jy verkies.
Bedien en enjoy!

Foto en resep: Heleen Brummer Nel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page