HEERLIKE BESKUIT MET KLAPPER
Resep: Rita Pretorius
Foto: Carol Visser
Hierdie beskuit is ‘n wenner en regtig HEERLIK!!!
- 5 koppies koekmeel
- 50 ml bakpoeier
- 10 ml koeksoda
- 10 ml sout
- 750 ml volkoringmeel
- 500 ml karringmelk
- 1 ½ koppie klapper
- 2 koppies All Bran
- 500 g botter of margarien
- 375 ml suiker
- 2 eiers, geklits
- Opsioneel: jy kan lynsaad en sesamesaad bo-oor strooi voor die beskuit gebak word
- Verhit oond tot 200°C.
- Smeer 2 oondpanne.
- Smelt botter en suiker saam, haal af van die stoof af en voeg karringmelk en geklitste eiers by, meng deur.
- Voeg res van die bestanddele by, meng goed.
- Druk in pan en merk met mes in vingers.
- Bak vir ongeveer 1 uur of tot gaar.
- Breek in beskuite wanneer die beskuit koud is en droog uit soos verkies.
Category:














HEERLIK! Ek is in Dubai en so lus gewees Vir beskuit op jou resep afgekom..dis lekker en da is minder suiker in as Al d ander resepte wat ek gekry het. Ekt sonneblom salad,lynnseed,en almonds ingegooi en dis heerlik.. Dankie Baie!