HEERLIKE BESKUIT MET KLAPPER
Hierdie beskuit is ‘n wenner en regtig HEERLIK!!!
- 5 koppies koekmeel
- 50 ml bakpoeier
- 10 ml koeksoda
- 10 ml sout
- 750 ml volkoringmeel
- 500 ml karringmelk
- 1 ½ koppie klapper
- 2 koppies All Bran
- 500 g botter of margarien
- 375 ml suiker
- 2 eiers, geklits
- Opsioneel: jy kan lynsaad en sesamesaad bo-oor strooi voor die beskuit gebak word
Verhit oond tot 200°C.
Smeer 2 oondpanne.
Smelt botter en suiker saam, haal af van die stoof af en voeg karringmelk en geklitste eiers by, meng deur.
Voeg res van die bestanddele by, meng goed.
Druk in pan en merk met mes in vingers.
Bak vir ongeveer 1 uur of tot gaar.
Breek in beskuite wanneer die beskuit koud is en droog uit soos verkies.
Resep: Rita Pretorius
Foto: Carol Visser
HEERLIK! Ek is in Dubai en so lus gewees Vir beskuit op jou resep afgekom..dis lekker en da is minder suiker in as Al d ander resepte wat ek gekry het. Ekt sonneblom salad,lynnseed,en almonds ingegooi en dis heerlik.. Dankie Baie!