HEERLIKE APPELKOOSKONFYT
- 1 kg suiker
- 1 kg appelkose, ontpit
- knippie fyn gemmer
- 2 – 3 appelkoospitte
Sny die appelkose in die helfte en ontpit.
Weeg die vrugte en gebruik 1 kg suiker vir elke 1 kg vrugte.
Plaas die vrugte in ‘n groot genoeg kastrol, skep die suiker oor die vrugte en laat staan die suiker en vrugte oornag.
Plaas die kastol met die vrugte en suiker die volgende dag op die stoofplaat, voeg die fyn gemmer by (ongeveer 1 teelepel op 2 kg).
Voeg 3 appelkoospitte op 2 kg by die vrugte en suikermengsel in die kastol.
Verhit die mengsel oor stadige hitte en roer totdat al die suiker opgelos is.
Verhoog die hitte totdat die mengsel stadig begin kook, skep die skuim gereed af.
Toets die konfyt deur ‘n lepelvol van die konfyt op ‘n koue piering te skep en ‘n streep te trek deur die konfyt met die lepel se agterkant, wanneer ‘n “paadjie” vorm en dit nie weer toevloei nie, is die konfyt gereed.
Verwyder die pot van die stoof en skep die konfyt in vooraf gesteriliseerde bottels.
Bedek die konfyt met brandewyn deurtrekte waspapier en verseël die bottels met gesteriliseerde proppe.
Foto: Martie Labuschagne
Resep en foto 2: Heidi Rowe