HEERLIKE AARTAPPELHOPIES
- 6 groot aartappels
- 3 eetlepels botter
- 2 eetlepels Parmesan kaas, fyn gerasper
- 1 teelepel knoffelpoeier
- 2 teelepel tiemie blaartjies
- knippie rooi peper (cayenne)
- sout en gemaalde swartpeper
Voorverhit die oond tot 180°C.
Smeer 12 muffin holtes en sit eenkant.
Sny die aartappels in baie dun skyfies en gooi in ‘n mengbak.
Smelt die botter en meng met die ander bestanddele.
Giet die bottermengsel oor die aartappelskywe en meng goed deur sodat al die skywe bedek is.
Pak die skywe in lae opmekaar in die muffin koppies en sprinkel gemaalde peper oor.
Bak en rooster in die oond vir 1 uur tot die randjies goudbruin is.
Haal uit en laat rus vir 5 minute.
Resep en foto: Johan Rossouw