Your Recipe Blog

HEEL VANILLA NEKTARIENS

Recipe by
Cook: 20 + 10 minute | Servings: 8 - 10 porsies

HEEL VANILLA NEKTARIENS

‘n Ligte, verfrissende somersnagereg! Bedien met ‘n kaas soos Camembert of Philadelphia roomkaas, raak dit ‘n spogdis op jou tafel. As daar oorbly is die nektariens saam met Griekse joghurt ‘n heerlike ontbyt die volgende dag. Die sous is heerlik in vrugteslaai of oor roomys.

  • 8 – 10 Nektariens (nie té ryp nie)
  • 1 ½ liter water
  • 1 kg strooisuiker of minder na smaak
  • 1 vanilla peul, deurgesny óf 1 teelepel vanilla ekstrak
  • suurlemoenbasilie blare, opsioneel
  • Pistasie neute

Giet die water, strooisuiker en vanilla in ‘n groot kastrol. Roer oor lae hitte, totdat die suiker heeltemal opgelos is.
Bring die stroop tot kookpunt en kook vir 20 minute.
Sny ‘n kruisie aan die onderkant van elke perske, net liggies deur die skil.
Plaas die perskes in die kastol by die stroop.
Sny ‘n sirkel bakpapier so groot soos die kastrol en plaas die papiersirkel bo-op die perskes in die pot sodat die  perskes bedek is met die bakpapier. Ek plaas die kastol se deksel ook skuins op, sodat dit nie oorkook nie.
Kook die perskes ongeveer 10 minute of tot net sag maar nog ferm. Dit moet steeds die vorm behou.
Verwyder die pot van die hitte en laat die perskes afkoel in die stroop.
Trek die perskes se skilletjies versigtig af en plaas die perskes terug in die stroop tot benodig.
Plaas ‘n skyf roomkaas of Camembert op ‘n bord. Posisioneer die perske bo-op die kaas en skep ‘n lepel van die stroop rondom.
Garneer met die suurlemoenbasilie blare, pistasieneute en eetbare blomme.
Geniet 🍑 🍑

Resep en foto: Laetitia Burger

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page