Your Recipe Blog

HEEL SKAAPSKENKELS MET BABA AARTAPPELS EN KRUISEMENT IN DIE OOND

Avatar photo
Recipe by
4 uur 30 min.

HEEL SKAAPSKENKELS MET BABA AARTAPPELS EN KRUISEMENT IN DIE OOND

  • 4 heel skaapskenkels
  • 180 ml rooiwyn
  • 50 ml Worcestershire sous
  • 100 ml kruisementsous of jelly
  • 100 ml water
  • Sout en peper na smaak
  • Baba aartappels
  • 2 uie, in kwarte gesny

Meng die wyn, Worcestershire sous, kruisementsous en water saam en marineer skenkels so lank as wat jy kan (oornag is die beste).    Geur met sout en peper na smaak .
Bedek en bak by 160ºC vir 2.5 uur. Plaas die uie en aartappels tussen die skenkels in.
Bedek weer en bak vir nog 1.5 uur (of totdat skenkels van die been afval) en dan oop vir 30 min.
Voeg nog sout en peper by, indien nodig.
Bedien met groente van jou keuse.

Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Foto:  Ilze Garbers Jacobs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5