Your Recipe Blog

HEEL BLOMKOOL OP DIE KOLE

HEEL BLOMKOOL OP DIE KOLE

Ons dae raak al hoe warmer en braai is een van die dae weer elke naweek op die spyskaart. Hier is ‘n heerlike idee wat Hélène Kluge Nel vir my gestuur het, haar man André maak hierdie heerlike blomkool op die kole.

  • 1 heel blomkool
  • 100 g botter
  • 5 ml elk knoffel en Bovril
  • sout en peper na smaak
  • foelie vir toemaak
  • gerasperde kaas

Sny die stronk van die blomkool kort af.
Smelt die botter en meng met die knoffel en Bovril.
Geur na smaak met sout en peper.
Rol die blomkool in die bottermengsel.
Plaas die blomkool onderstebo op foelie gooi die res van die bottermengsel bo-oor.
Vou die foelie toe en stoom op die kole tot gaar.
Verwyder blomkool uit foelie en braai op warm kole tot bruin.
Plaas terug in die foelie en strooi gerasperde kaas oor.
Maak foelie toe en plaas eenkant op rooster tot kaas gesmelt het en in die blomkool ingeloop het.
Verwyder weer uit foelie; sny in kwarte en giet sous in die foelie bo-oor en bedien warm.

Resep en foto: André Nel/ Helene Kluge Nel

One Review

  1. Johann. Westenberg

    Het dit vanmiddag gedoen het Baie lekker uit gekom, gaan dit defnitief weer doen

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page