HAWERMOUTBROODJIE IN DIE BROODMASJIEN
- 250 ml loumelk
- 150 ml louwater
- 30 ml olyfolie
- 375 ml hawermout
- 500 g koekmeel
- 62.5 ml bruinsuiker
- 5 ml sout
- 7.5 ml gis
Plaas bestanddele in die masjien in die volgorde soos bo genoem.
Stel masjien op die volgende funksies: “Basic, Medium Crust, Large Bread”
Ek bak dit gereeld en nog nooit was dit ‘n mislukking nie.
Resep en foto: Jacqui Conradie
Category: