HAWERMOUT EN ROSYNTJIE KLEINKOEKIES
- 230 g botter (ek gebruik Gordon Bleu)
- 200 g bruin suiker
- 100 g wit suiker
- 250 g koekmeel
- 1 teelepel kaneel
- ½ teelepel sout
- 1 teelepel koeksoda
- 2 eiers
- 2 teelepels vanilla geursel
- 300 g rosyne
- 300 g hawermout
Room botter, bruin suiker en wit suiker saam.
Meng die koekmeel, kaneel, sout en koeksoda saam en meng by bottermengsel in.
Klits eiers en vanilla geursel saam en voeg by bottermengsel.
Voeg rosyne en hawermout by en meng deur met die hand.
Laat die mengsel oornag in die yskas rus.
Rol balletjies en druk met hand plat op liggies meelbestrooide tafel.
Plaas half sentimeter uitmekaar op bakpapier en bak vir ongeveer 6 minute by 170ºC.
Die koekie moet nog ‘n duikie maak as jy dit liggies druk.
Haal uit en laat afkoel op ‘n rakkie – die koekies raak stewig en harder buite die oond.
Foto en resep: Juliana Schoeman