HAWERMOUT CRUNCHIES
- 500 ml hawermout
- 250 ml koekmeel
- 250 ml suiker
- 250 ml klapper
- 5 ml koeksoda
- 200 ml botter
- 20 ml goue stroop
Voorverhit oond 150°C .
Meng al die droë bestanddele.
Smelt botter en stroop.
Meng die droë- en nat bestanddele …dit is soos krummels.
Skep op gesmeerde bakplaat en druk vas. (38 x 26 cm – ek rol myne met koekroller vas)
Bak ongeveer 40 min.
Sny terwyl warm.
Laat afkoel en verpak.
Resep geplaas deur Rosie Goosen Dalton
Foto: Rosie Goosen Dalton
18 Julie 2022: Ek het die crunchies vanoggend gebak in ‘n groot koekiepan. Dit is redelik dun, so pas die baktyd aan. Myne was gaar na 20 minute.
Bernadene Daniell Prinsloo
Die gewone groot plat koekiepan (38 x 26 cm) – dit het ook so plat gekom soos op die foto. Vir so pan sal ek die resep volgende keer verdubbel vir ‘n dikker koekie.