Your Recipe Blog

HANTIE SE KOEKSISTERS

HANTIE SE KOEKSISTERS

  • Stroop:
  • 12 koppies suiker
  • ½ teelepel wynsteensuur
  • ½ teelepel kremetart
  • 2 stukke heel kaneelstokkies
  • 6 koppies water

Plaas alles in kastrol roer tot suiker opgelos is. Kook op medium vir 10 min.
Plaas in die yskas sodra dit afgekoel het.  Dit kan die vorige dag al gemaak word.

  • Deeg:
  • 4 koppies koekmeel, afgeskraap
  • 4 teelepel bakpoeier
  • knippie sout
  • 50 g Storkbake
  • 3 groot eiers
  • 1 koppie water
  • 1 bottel olie vir bak

Sif meel bakpoeier en sout.
Vryf margerien in tot krummelrig.
Klits eiers en water tot skuimerig.
Voeg helfte van eiermengsel in by meel, werk deur.   Voeg res by, knie liggies vir 5 min.
Maak toe met klam doek en laat rus 30 min buite yskas.

Rol uit sny met koeksister snyer of sny eweredige stroke en vleg.
Plaas op skinkbord en maak toe met klam doek tot jy bak.
Gooi stroop in 2 bakke, hou altyd koud.   Ruil gereeld of hou bak op ys.
Bak koeksisters in warm olie, sodra dit reg is, haal uit en dompel dadelik in koue stroop, hou onder tot goed stroop getrek het.
Haal uit sit in “strainer” oor ‘n bak, nadat stoop afgeloop het, pak in bak.
Hierdie resep moet jou stroop koud wees.   Ek het al probeer met warm stroop dit werk nie vir my nie

Resep geplaas deur Hantie Potgieter
Foto:  Hantie Potgieter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page