HANNIE SE MIELIEBROODJIE
“My mieliebroodjie. Heerlik sag. Die fotos lyk bietjie geel, maar eintlik is dit net mooi lig en mieliebrood kleur. Ek dink as jy dit langer wil bak as aangedui, is dit reg so. Hierdie een kom altyd heerlik sag uit.”
- 1 blikkie suikermielies – 410 g
- 1 teelepel sout, plat geskraap
- 2 eiers, geklits
- 2 koppies koekmeel
- 3 teelepels bakpoeier
In ‘n mengbak meng die suikermielies en sout.
Voeg geklitste eiers by.
Meng koekmeel en bakpoeier daarby.
Meng goed deur en skep in gesmeerde brood pannetjie.
Bak 45 minute by 180 °C.
Resep en fotos: Hannie Steyn